top of page

'Rebirth'

Ek het lank terug ge-post.


Dit was so bietjie van 'n deurmekaar tyd met die einde van die jaar wat approach met die kinders se goete en alles wat ek ook wou klaarkry en regkry voor Stephan terugkom van Amerika. Ons sal immers darem so 3 dae wou weggaan na 9 maande apart.


Baie gebeur - 'n 'failed' marriage proposal (later se storie), redelik baie drama met mense, (onsself inkluisend), en die kinders. Maar liefde wen altyd.


3 Februarie 2024 is 'n dag wat ons nie sommer sal vergeet nie. Dis 'n dag wat 'n nuwe begin, en tweede kanse simboliseer. Ek dink almal wat by ons troue was sou dieselfde ervaar het. Behalwe Anoniem wat "good luck" in ons gasteboek geskryf het. Dis okei, Anoniem.


Hiér sê ek ook nét wat ek wil. Maar ek is nie skaam om my naam by te sit nie.


Met die beplanning van die troue was daar een ding wat baie belangrik was deur-en-deur. Ons soek nie iets pretentious nie en ons soek nie iets té tradisioneel nie.

Daar was dus baie elemente uitgelaat soos koeksny, garter en bouquet gooi ens. Speeches was tot die minimum gehou. Mense kon sit waar hulle wil. Ons wou graag iets doen wat ons as mense weerspieël en nie wat ander mense sê dit moet wees nie.


En toe is 'n roaming pizza-aand by Cole I The Eatery, Wellington gebore. ('Flying pizzas' soos Manfred, die seremoniemeester, dit genoem het). My droom was natuurlik om ons seremonie by The Old Tannery te hê, maar 'n Mexican Fiesta het daardie droom verwrinnewoes. Ek het nie kans gesien vir 'olé' en pinatas wat stukkend gemoer word terwyl ons ons beloftes probeer aflê nie. En die hele ding was ironies aangesien ons trou skryfbehoeftes (wat ek self design het) 'n Meksikaanse ondertoon gehad het. Amper té toevallig.


Die NG Noord-Gemeente, Wellington, was die oplossing en ons is eintlik dankbaar dinge het toe so uitgewerk. Dit was stunning en het verseker gepas by die kleurskema ;). Ons het wel fotos gaan neem by die Tannery, waaroor ek ook nie speit is nie. Jy sal sien hoekom hieronder.


Die dag was perfek. Met die bietjies wat verkeerd geloop het, was dit soveel meer as wat ons kon voor gewens het. Dit was asof die wêreld net weggeraak het en dit was nét ek en Stephan.


Dat dit baie warm was, 38 grade om presies te wees, is 'n understatement. Nié die weer wat ek bestel het nié. Dit was onmoontlik om te ignoreer.


Maar terug na die titel van die post:


My beste vriendin, Leandri, het ek in 2011 ontmoet toe ek 'n second shooter dringend nodig gehad het om my te assisteer by 'n troue wat ek afgeneem het op 11 Februarie 2011. Leandri het gekom tot my redding, en ons het net gekliek. Later het ons ons eie troufotografie besigheid gehad. Leandri neem nou nog fotos vir 'n lewe.


By elke troue wat ons afgeneem het was daar altyd vir my 'n simboliese diertjie. Dis of 'n 100 hase wat in die pad hardloop, of 'n naaldekoker wat op die kamera land. Wanneer ons huis toe gery het na 'n lang dag van troue afneem, het ons altyd gesels oor watter dier sy baie duidelike, partykeer voorbarige, verskyning gemaak het. Ons het dit dan simbolies gesien van die couple wat getrou het. 'n Tipe seëning op hul huwelik.


Leandri het dit genoem in haar speech op ons troue en gesê mense moet vir my sê of hulle 'n diertjie opgemerk het. Wat sy nié gesê het nie, is dat sy reeds daardie vraag vir my vroeër gevra het. Ek het nie eens een oomblik die dag gedink om daarna op te let nie. Ek moes mooi dink. Al diertjie wat my aandag getrek het was 'n gecko. Sy stert was af op die puntjie, maar hy het tog gesond en heel happy gelyk. Hy het ewe gemaklik voor my op 'n klip gesit en ek het nog gewonder hoekom hy nie wegskarrel nie.


Maar eers terug in tyd, 'n week vroeër:

My strooimeisies het op my verjaarsdag elkeen 'n terracotta potjie gegee met 'n krui in geplant. Op die potjie in wit was geskryf wat elke krui simboliseer. Dit is wat hulle vir my toewens. Leandri se krui, pietersielie, se pot het net een woord opgehad: Rebirth.


Toe ons nou besef op die troue dat my en Stephan se diertjie 'n gecko is, staan en google ons dadelik wat die betekenis is:


The spiritual meaning of a gecko is one of rebirth, regeneration and renewal.


Anyway, genoeg gebabbel, hier is (van) die troukiekies. Wat ons sommer binne 2 weke ontvang het!



Verskaffers:

Troukiekies & Video (vid coming soon): Motion Memory

Trou Stationery: Ekke ;)

Trourok: Weddings by Design (Lucy by Enzoani)

Bruid & Blommemeisie Makeup: Marni Bezuidenhout

Stooimeisie makeup & Bruid Hare: Philine Strauss

Bruid Naels: Olandi Woudberg, Nails by Olandi, Estetica Paarl

Bruidegom het aangetrek by: Sauvignon Country Lodge, Wellington

Bruid het aangetrek: By ons huis

Preek: Lizle Smit

Reception venue: Cole, The Eatery



































































































































































































































998 views1 comment

Recent Posts

See All
bottom of page