top of page

Layers van die lewe

Toe die Saterdag-oggendsonnetjie my bitter vroeg wakker maak deur my gordynlose nuwe slaapkamervenster, het ek gou huis skoongemaak en al die naweektakies gou-gou afgehandel. Maar toe is dit net 10h00. En ewe skielik lê daar 'n hele dag voor my wat ek mee kan maak nes ek wil. Wel, in perke natuurlik, ek het immers kinders en 'n baie streng budget. As mens dit 'n budget eens kan noem.


Die garage moet uitgesort word. Al die tools en equipment moet 'n plekkie kry. En daarna besef ek, hierdie items wat sóveel spasie opneem moet na 'n punt toe beweeg. Ek is moeg vir al die clutter in die motorhuis en veral vir die meubelstukke wat ek "eendag gaan restoureer".


Die heel eerste projek besluit ek is 'n laaikassie. Die laaie wil nie meer reg oop en toe nie, want ek dink daar was nou maar net te veel lae verf al in sy lewe aan hom aangewend.


My vriendin wat ook verlede jaar oorlede is, presies 5 maande na Jody, het dit vir my gegee. Ons het kontak verloor so paar jaar terug na ons beste vriendinne vir 'n redelike tydjie was. Die lewe gebeur mos maar. Ons was nie so 100% goed uitmekaar nie, maar gelukkig het sy by my en Jody op die plaas kom braai 'onlangs' en ons kon als agter ons sit. Dit was ook die enigste keer wat ons weer gebraai het, want weereens, life happens en daar is net sóveel naweke in 'n maand. Ons kon heerlik kuier, lekker wyn drink nes die ou dae, maar dit was maar nou dit. En dit was ook okei. Ons kon aanbeweeg en mekaar teekom op Facebook wanneer iemand iets ge-post het.


Ek weet my vriendin het hierdie laaikassie goud geverf vir haar dogtertjie se pragkamer. Sy was só kreatief en als net kleurvol en totally out of the box. Nes sy is. Was.


Ék het besluit om dit geel te verf en onlangs donkergrys vir ons Murraystraat gewelhuis. Maar die laaie is stuck en ek het geweet ek sal maar als moet afskuur met die hoop dat die oorspronklike hout tog na iets lyk. Ek het uitgesien na die kassie in sy oorspronklike vorm.


En toe ek begin skuur besef ek hóéveel keer die kassie al geverf is. Verskillende kleure, deur verskillende mense met verskillende stories, op verskillende plekke in verskillende time frames. Die kassie was al donkergrys, bright geel, metallic goud, parragroen, cream en selfs al turkoois. En ek weet vir 'n feit dat ek en my vriendin nie die enigste eienaars van die kassie al was nie... As die laaikas maar kon praat!


Soos ek skuur met my kleine mouse sander (want mens doen mos maar met wat mens het), is daar baie tyd om te dink. Té veel as jy nog 'n glasie wyn ook in die renovasie-proses inkorporeer.


Hoe simbolies is hierdie kassie en al sy lae verf nie van ons as mens nie, het ek besef.


Ons almal sien iemand as donkergrys, sê nou maar, want dis wat hy/sy nou is en dis wat sigbaar is. Maar daar is baie layers aan elkeen van ons a.g.v waardeur ons is in die lewe en die seisoene wat ons al beleef het. Ons kinderdae, ons ouers en onderwysers se optrede teenoor ons, die skool, vriende, teleurstellings, verwerpings, trauma, Milo wat in 1997 dood is, en so kan die lysie aangaan.


Die lae is mure wat ons opbou vir beskerming en partykeer afspeel as sensitiewe triggers wat uitloop op snaakse optrede en/of uitbarstings. Of die famous stilstuipe.


Nou hoe kom mens by iemand anders se oorspronklike un-damaged, onaangeplakte, un-layered self uit?


Met bitter baie geduld, understanding en tonne liefde. (Nes ek het met my blase en eelte agv 'n mouse sander wat way te klein was vir die job ... wat nou nog nie klaar is nie).


En absolute faith, natuurlik, dat al die werk die moeite werd sou wees.


Want daar is altyd 'n kans, soos in my geval, dat jou kassie (of jou mens), presswood of melamien is.


Les van die dag?

Mense is kompleks. Hê so bietjie deernis.


Maar belangriker - NEVER be melamine. Al het die lewe jou 'n snotklap of vyf gegee.


Be French Oak, okay?


Laaste foto van my en my vriendin saam.


108 views0 comments

Recent Posts

See All
bottom of page