top of page

(On)Gelukkige Moedersdag!

WAT 'n Moedersdag.


Ek het gedink dit begin goed toe my tienerseun vir my koffie in die bed bring.


Ek moes reeds gisteraand hoor hoe 'n sleg ma ek is so dalk was hierdie 'n tipe 'peace offering'. If only...


Ek het goed gevoel oor vandag. Ek het dinge uitgesorteer, en al die skottelgoed, wasgoed en strykgoed klaargekry so tussen die loadsheddings deur. Die huis is ook skoon, reg vir die nuwe week.


Die kids was kreatief en het 'n leë pakkie chips weer geseël met 'n klomp briefies gerig aan my in. Dit was super spesiaal. Ek was impressed. Maar na die oopmaak was dit nie eens 2 minute nie en daar word demand om Spur toe te gaan en my oudste sê dat as ek nie sy foon teruggee (wat as straf weggevat is) sál hy nie more skool en koshuis toe gaan nie.


So, die Maandag gaan weer begin met 'n bang, 04h00 in die oggend, om betyds te wees vir skool/koshuis in 'n ander dorp met 'n moontlike lack of cooperation. En ek kan jou bet, dis nog loadshedding ook.


Die persoon wat my vertel het ek is 'n great ma, is nou nie meer hier nie. Dis die enigste persoon wat werklik dit kon sê, want hy kon dit elke dag sien en beleef. Geen Facebook post oor hoe 'n awesome ma ek is vir sy kinders dié jaar nie.


Ék dink ek het goed gedoen vandag. Ek het nog ge-manage om potato wedges en homemade honey & garlic marinated pork chops ook reg te kry voor die krag afslaan.


Voor 18h00 wil die oudste brood smeer want hy is nou rasend honger, selfs al het hy gesien hoe ek kosmaak, wat boonop, op die nippertjie van klaar is. Hy sweep sy 5-jarige boetie ook op en almal soek nóú brood, nevermind al die moeite wat ek ingesit het. En volgens beplanning is daar net genoeg brood vir die kosblikke more oggend. Obviously was die antwoord NEE, en ek wen toe WEER die trofee vir 'ma van die jaar', want my kinders is honger. Toets julle tieners julle ook so?


Ek het my vingers afgeëet. Oudste het gesê dit proe soos koshuiskos. Ek neem aan dit beteken dis maar average a.g.v. vorige comments oor die kos daar. Die jongste het dit uitgespoeg op die vloer. Wat natuurlik nagevolge gehad het wat nou beskou word as illegal.


So vanaand my liewe, ongewaardeerde mede-moeders: Hou moed en ploeter voort. Try net jou bes. Dis nie flippen maklik nie. Maar as jou kinders nog lewe doen jy sekerlik iets reg. Op die ou end, nét jy weet wat jy opoffer en insit, en nét jy kan daardie pat on the back vir jouself gee.


Ek dink ons almal wil die beste vir ons kinders hê, al sien hulle dit nie nou raak nie. Miskien doen hulle eendag.


Cheers to us!

310 views0 comments

Recent Posts

See All
bottom of page