top of page

Wat ék gedoen het om te 'cope'

Jip. Dis ek, besig om hondebolle op te tel in 'n vervalle jaart wat obviously way te groot is vir een vrou om te onderhou. Maar ek was hardegat. Ek wou wys ek kan dit doen. En nou dat ek daarna kyk, maande down the line, verstaan ek hoe belaglik my vereistes aan myself was.


Ek het lanklaas ge-post. To be honest, ek het eintlik maar net probeer kop bo water hou so tussen al die ma-wees-verantwoordelikhede en werk. Ek het dié post live gemaak en 5 mense het hom gewaar ... maar vir een of ander rede het die twyfel inge-creep en ek het dit ge-unpublish. Ek is nie seker hoekom nie.


My foon het ook lately memories begin uitskop wat nogals moeilik is om na te kyk. Soos hierdie post se cover foto. Maar om dit te sien is ook empowering in 'n manier - net om te besef waar ek nou is. Ek het destyds, net na Jody oorlede is, so bietjie videos gemaak van myself in my laagste tye. Ek moan maar eintlik net oor my situasie. Ek dink nie ek het geweet presies wat die doel van hierdie videos is nie. Dalk was dit net om vir 'iemand' te vertel hoe ek voel. Just to put it out there. To get is off my system. Ek lyk moeg. Sleg, toe be straight forward. Dis nie 'n plek waar ek ooit weer wil wees nie.


Maar terug na die post wat toe nie gebeur het nie ...


Sondag, 16 Julie 2023:


So bevind ek myself nou, (alleen) by Perdeberg Wynkelder besig om ‘n blog post te skryf met ‘n glasie Chenin. Hier is so paar gesinne wat lekker lag, eet en saam wyn drink. Dis ‘n reënerige dag, so almal sit lekker gesellig binne. Die plek het nog altyd ‘n warm atmosfeer gehad. Dit was net agter die plaas waar Jody gewerk en ons gebly het, so ons kon letterlik hiernatoe gestap het en terug. Of grondpad gery het huistoe.


Ek mis dit – om so saam met 'n gesin te kan kuier. Maar ek is ook okay vandag hier op my eie.


Om so alleen dinge te probeer doen is ‘n nuwe ding vir my. Ek ken baie mense wat sê dis die lekkerste ding ooit, terwyl ander bang raak net vir die gedagte. Ek dink as mens die hele ‘wat gaan ander mense dink’ ding een kant toe kan skuif, kan dit nogals ‘n liberating experience wees. Mits jy van jouself hou. Jy sit tog en gesels met jouself. In jou kop hopenlik.


Ek het vroeër so al die pa’s met hulle kinders in die mall gesien toe ek skoolbroeke vir die oudste gaan soek het … en omdat ek dit nie meer daardie familie setup het nie, is dit mos nou JUIS orals te siene. Kerngesinne. Ugh, ek rol sommer my oë. Ek is bitter jaloers, ja. I will admit. Nie in 'n TE lelike manier nie. Ek is bly vir hulle. Ergste is net, hulle weet nie eens wat hulle hét regtig nie. Want alles is nou maar net so 'normaal' vir hulle. So ‘gehoort’.


Maar seriously nou. Hierdie skoolvakansie was te lank vir my. Ek voel ek het so bietjie my limiet bereik met die kinders en sommer alles in die lewe tans. Ek het die 3 weke net weereens besef dat dit nie natuurik is om kinders op jou eie groot te maak nie. Dis nie natuurlik om alleen die fort te probeer hou nie – nie finansieël, fisies of emosioneel nie.


Ek mis ‘n partner (wat fisies hiér is). Hulp met die daily dinge sal nice wees weer. En ook net met kophou prosesse. Iemand wat gou iets kan gaan optel iewers, terwyl ek besig is om iets anders in die huishouding te laat gebeur. Dis ongelooflik moeilik as al die verantwoordelikheid so ewe skielik op een persoon neerkom.


Boonop het ek gedink dis ‘n goeie idee om nié die naweek iets te doen nie, maar ek besef nou, dit word dan net te lank en is vir seker nie lekker om alleen te begin voel nie. En dis presies waar ek gister en vanoggend gesit het. Utterly alone.

Mens is nou maar net nie gemaak om alleen deur die lewe te gaan nie. Maar as dit vir jou werk, is ek bly. Dit werk nie vir my nie.


So, alhoewel ek nou redelik besig is om my shit te verloor, as you can see, het ek tog gedink om ‘n lysie te maak van hoe ek dit sover ‘survive’ het … Want as ek sê dit is erg, dan belowe ek jou, ek oorreageer regtig nie. Ek voel ek moet bietjie ‘re-strategise’ vir die opkomende 2 jaar, want die selfde strategieë is nie meer genoeg nie. MAAR, hiérdié was my behoud vir die laaste jaar en 'n half:


1. Ek is die queen van lysies:

Ek hou kop deur om lysies te maak. Ek maak dit in nota boeke, ek maak dit op my foon in Samsung notes. Waar ookal ek kan. Op ou slippies, op servette in die restaurant, wherever. As ek 'n pen het, 'n lysie sal gebore word.


Ek het ‘n meal planner (self ontwerp en ek verkoop dit by the way, wink-wink). Die meal planner is as 'n magneet op my yskas en ek beplan etes volgens wat in die yskas is sodat ons die minste wastage moontlik het. Wat dit convenient maak is die inkopielys area langsaan. Voor ek winkel toe gaan, neem ek net gou ‘n foto van wat ek ingepen het gedurende die week, en dan shop ek strictly accordingly.


Ek het ook ‘n ‘kophou ‘ groepie gestig op Whatsapp. Ek het dit opgeset en toe die 2de participant delete. Nou message ek myself, sodat ek ‘n plekkie het waar ek kan gaan kyk wat belangrik is, wat onthou moet word, of wat gedoen moet word.


2. Ek dink nie te lank oor die sad goed nie:

Dalk is dit die verkeerde ding om te doen, volgens die kenners. Ek probeer die balanse in my brein handhaaf om nie te lank te sit en mope oor goed nie. Ek het al depressie gehad, and I do not want to be there again. Daar is ‘n plek vir moping en my feelings IS valid. Maar ek probeer altyd gou uit daardie gevoel step wanneer ek sien ek wandel nou te lank daar. Ek laat wel ook myself toe om te huil, te skree, kwaad te raak. Kussings te bliksem. Maar ek is ook kwaai met myself, en ruk myself gou weer terug na ‘n level waar ek voel ek kan nou weer aangaan en waar ek weer in balans voel.


3. Ek hou by roetine:

Ek probeer so ver as moontlik hou by 'n skedule en structure. Dit laat my veilig en in beheer voel. Jy sal my nie sommer bv in my pajamas in die middag kry of my bed onopgemaak nie. Die kinders se kamer is ‘n ander storie … Opstaan, maak klaar, ry, werk, kom terug, maak kos, maak klaar, maak reg vir more, slaap, repeat. It worked. So far.


Om te prep vir die volgende dag, het baie gehelp. Ek is nié ‘n oggendmens nié. Ek sukkel vir ‘n halfuur om te besef waar die messe gebêre is sodat ek die kosblikbroodjie kan smeer. As ek die vorige aande my goedjies reggesit en uitgepak het, en die kids se koeldranke gegooi en ons klere uitgesit het, het ek sommer reeds trots op myself gevoel en die dag het reg begin.


4. Ek het dinge vereenvoudig. Van dit was bitter moeilike besluite en het baie trane veroorsaak.

Ek het besef ONS drome bestaan nie meer nie. Nie in hiérdie realiteit nie. Ek hoef dit nie na te jaag nie. Dit klink seker bietjie kras gestel, maar ek moes die laaste tyd ‘n paar aaklige besluite neem.


Onder andere het ek ons huis verkoop. Ek wou hardegat wees en die wêreld wys hoe ek nou alleen die plek gaan regmaak en onderhou, maar dit was so bevrydend die dag toe ek tot die beseffing gekom het dat dit ONS droom was, maar eintlik niks beteken sonder Jody nie. Dit was okay om te laat gaan.


Die moeilikste ding was om ons troeteldiere weg te gee. Bygesê, die hamster was nie so moeilik nie. Dit was nie lekker nie. Ek het nogsteeds skuldig gevoel. Ek het ook gehoop die nuwe eienaars hou die visse in ons visdam lewendig.


Maar om vir Leila (ons liefste Rifrug), Nala (ons Boerboel rescue) en Milly (die cuddly Labrador) vir die laaste keer daar agter op die trailer sien uitry by die yard na die SPCA, het my hart gebreek. Ek het geweet ek gaan hulle nooit weer sien nie. Ek kon vir Zoey (Jody se oogappel Bullterrier) ‘n ander huis kry, maar ek het gesukkel met die res van ons 'babas' en die tyd het uitgehardloop. Ek moes uit die huis uit. Ek moes die sleutels oorhandig. Die nuwe plek het nie die spasie gehad nie en die realiteit is, ek sou nie gou weer 'n plek hê wat 4 honde sou kon akkommodeer nie.


Die SPCA het dit duideik gemaak dat hulle nie eens vir my gaan laat weet as hulle die honde uitsit nie, en dat ek hulle afteken. En dis nou maar so.


Ek dink die dame se hart het sag geraak en toe tog vir my laat weet dat Leila en Milly ge-rehome is en hulle is sommer nou saam op ‘n plaas. Ek was so bly om dit te hoor. Ek het die fotos gesien, so dis waar. Nala however, was baie siek en oud en hulle het haar 'aan die slapies gemaak’, soos die vrou gesê het. Ek het gevoel ek het haar verraai. Maar diep binne my weet ek dat ek ek en sy seker dieselfde pad sou moes stap, want sy was nie meer lekker nie. Ek is bly oor die jare wat ons vir haar liefde wel kon gee. Maar, jislaaikit, dit bly suck.


Ek dink om te aanvaar dat niks meer dieselfde is nie, het gehelp. Om nou te maak of dit is, sou net my einde beteken het.


Om die lewe te vereenvoudig, het verseker my behoud beteken. Daardie eerste paar maande in daardie groot plek met al die verantwoordelikhede, was bitter moeilik en eintlik net sielsdodend.


5. Ek het hulp aanvaar.

Ek het my trots in my sak gesteek en ALLE hulp, in ALLE vorms aanvaar. DIT het gehelp. Dit het wel minder geraak soos tyd aan gaan, maar hier en daar bied iemand nog hulp aan, en ek aanvaar nogsteeds met ope arms.


6. Hiérdie blog.

Hierdie blog is my sielkundige. Ek was nog nie by ‘n sielkundige nie. Ek is ook nie seker of ek sal gaan in die toekoms nie. Ek is nie téén sielkundiges nie. Ek het net nog nie die geleentheid gehad, of geneem, om te gaan nie.


Die spasie hiér, beteken vir my regtig baie. Ek hoop dat almal wat deur dieselfde of iets soortgelyk as ek gaan, ‘n platvorm vind waar hulle hul gevoelens kan express op een of ander kreatiewe manier. Of enige manier for that matter.


Ek kort JOU raad.

Wat doen jy om te cope wanneer dinge net te veel raak? Inbox my asb. Of comment. I need some advice for the next little while. Die boonste goed help, maar dis net nie meer genoeg nie.


Hierdie Chenin van Perdeberg is next level. I am just saying.

483 views2 comments

Recent Posts

See All
bottom of page