top of page

Liewe meisiekind ...

Soos mens tussen die ou fotos uit die kinderdae deurwerk met sy vibacrete mure, blommetjie kombuismuurpapier, rooi zombie pupille, matching roomkleurige baddens, toilets en wasbakke ... (van ons moes deal met pienk en groen. Ek moet eintlik dankbaar wees vir die cream), kan mens nie help om terug te dink aan die meer 'eenvoudige' dae nie.


Onthou jy daardie blommetjie motief teëls, randomly geplaas tussen die meer plain teëls ... sonder enige spesifieke strategie of patroon ... genoeg om iemand met OCD oor die afgrond te stuur.


Die seuns speel straatkrieket. Die tuin pronk met pienk en pers blomme. Almal raak excited oor 'n verkleurmannetjie en baklei om die arme ding vas te hou - wat probably net daarna gedooi het van skok. Daardie angstige ruk-ruk bewegings vorentoe was dalk nie natuurlik nie. Jip, dis dalk ons skuld hulle bestaan heel waarskynlik nie meer nie.


Pa staan en spuit nog tuin nat met 'n groen hose pipe, harerige kaalbolyf, in 'n way te kort broekie. Evidently het daardie bene ook 'n paar rondtes te veel squash gespeel, so dis seker okay. Nie soos meeste van vandag se 30 something year olds met hulle bierpense nie.


In die agtergrond skree een of ander sibling blou moord of lyk hoogs boos. Maar mens mors nie film nie, so dit is wat dit is, en ons betaal maar vir die 'duds', want dis reeds ontwikkel. Anders word jou fotos nie oorhandig nie en ons is doodnuuskierig. Hoop maar vir die beste. Al is dit moer duur. 'n Volle R20.


Die Apteker by MiniKem in die film-afdeling, ken ons gesin beter as meeste mense. Wonder of hulle nie skelm partykeer ekstra fototjies 'perongeluk' laat gebeur vanaf 'interessanter' mense nie. Kan nie onthou dat hulle enige disclaimers moes teken nie.


Maar soos mens deur die fotos kyk en onsself daar sien met ons dik kuiwe en woeste kraaines hare, NOT dressed in neutrals, and without any filters; dink jy nie ook "ai, my liewe mens, as jy maar net geweet het wat kom" nie?


Behalwe as jou ma jou hare soos 'n seuntjie s'n gesny het, dan was dit heel waarskynlik jou grootste vraag. Yes, that happened to me as well.


Bygesê, dis nie noodwendig in 'n all doom and gloom "as jy maar net geweet het" manier nie. Dit gaan maar net oor die rollercoaster van 'n lewe wat ons geen idee het, wag nie. Goeie én slegte tye.


As jy jouself advies kon gee, die mensie in daardie foto, wat sou dit wees?


Die lewe is gevul met slegte nuus en teleurstellings. Maar vir een of ander rede het die Here nog altyd vir my uitgekyk. Dis nie my eerste teleurstelling nie. Dis ook nie my eerste tweede kans nie.


Ek is nou in nog 'n situasie waar iets moontlik beter gaan uitdraai JUIS oor 'n teleurstelling wat ek moes deurgaan. Indien dit realiseer sal dit 'n amazing getuienis wees. Ek hoop ek kan oor 'n rukkie die woorde "amazing getuienis" in die vorige sin 'n link maak na 'n future blog post. Indien nie, link dit deur na iets anders. Maar iewers heen, SAL dit link.


Ek hoop om te glo met 'n groot teleurstelling dat 'n ander deur sal oopgaan. Daar moet maar net? Daar is tog net 2 keuses. Om te hoop of om op te gee.


As ek terugkyk besef ek dat daar nog altyd vir my tóg gesorg was. Mens verstaan dit nie altyd in daardie oomblik van die slegte gebeurtenis nie, maar later, maak dit sin.


You do not connect the dots by looking forward. You connect them looking back.

Wie het dit nou weer gesê?

Dié woorde sal altyd by my bly.


Ek dink die boonste is my raad aan die dogtertjie, ek, in die foto.


Asook:


Meng met die regte mense. Moenie jou tyd mors met vriende/vriendinne of selfs familie wat jou nie ALLES g'n in die lewe nie. Probeer dieselfde vir hulle wees. Don't be jealous. Daar is genoeg vir ons almal in hierdie wêreld. Oorgenoeg.


Jou crew wag. Die mense wie jou sal aanvaar vir présies wie jy is. Die mense wie jou in dik en dun sal bystaan.


Hulle bestaan.


Ja, jy is anders. Maar hoe AWESOME is dit nie?

Jou waarde lê nie in iemand se opinie van jou nie. Jy is wie jy is, met rede.


Jy is mooier as wat jy dink.

Jy is sterker as wat jy dink.

Jy is slimmer as wat jy dink.

Jy gaan okay wees.

En jy sál 'n positiewe verskil maak.


Maar die héél belangrikste:

Mag jy altyd die mooi raaksien in die lewe, maak nie saak wat gebeur nie.

Wat sal jy vir jou kinder-self sê, knowing what you know now, as jy kon?

207 views4 comments

Recent Posts

See All
bottom of page