top of page

En só verloor ek ons huis ...

Ek sit aan die anderkant van die boardroomtafel en ek het gedink ek gaan 'n huiskontrak kom teken, maar dit was toe ongelukkig nie die geleentheid nie.


Die woorde "Ek is so jammer, maar ek kan jou ongelukkig nie meer help nie", en later:"Wanneer sal julle pas om uit te trek, sal einde Junie reg wees?" het my vir 'n kort oomblikkie laat voel ek gaan in trane uitbars, maar daar was gelukkig nie 'n tranedal nie. Die oomblik was nogsteeds baie groot en ek het die water voel opbou agter die oogballe. Maar Madré het gelukkig reeds 'n plan B, C, D en E in plek. Ek wou regtig nou settle daar maar dis ongelukkig ook nie deel van ons storie nie. Daar is (obviously) ander dinge in store. Die feit dat die kinders nou weer moet skuif het my wel nie laat voel soos die beste ma nie.


Ek het gedink ek het die huisie gekoop maar FNB het my bond onttrek aangesien ek nou weer vir myself werk en hulle het uitgevind. Om die sustainability van my eie inkomste te bewys, was moeiliker as wat ek gedink het. By die banke is als wit en swart. Die grys areas, al maak dit hoe sin, maak nie saak nie.


Daar was toe iemand wat wou help, maar kon toe ook nie op die ou end nie. Ek was wel baie dankbaar dat iemand wou inspring en probeer help, want die persoon was onder geen obligation om te probeer help nie.


Seker nie die slimste ding om te bedank voor die koop afgehandel is nie, maar as ek terugdink, sou ek dit wéér doen. Ek dink nie ek sou langer so kon aangaan nie. Weet nie wat van my sou oor gewees het nie, en op hierdie stadium is my relative wellbeing nogals belangrik, aangesien ek al een is wat die kinders oor het.


Boonop het die verkoop van ons huis gesloer. Ek het al Junie verlede jaar geteken vir die nuwe plekkie. Dis 'n jaar later. 'n JAAR.


Ek wil ook nie nou weer aansoek gaan doen vir werk nie, want ongelukkig, in my beroep as grafiese ontwerper, is ons meestal severely underpaid, die ure wat verwag word is skrikwekkend en meeste van die tyd word mens nie eens oortyd betaal nie. Ek sien nie hiervoor kans as 'n single ma sonder die hulp van my oorlede man nie. Dit was reeds moeilik toe hy hier was. En boonop gaan ek minder uitkry as wat ek nou doen, met geen voordele of flexibility nie. Dit maak net nie sin om daardie roete te gaan nie.


So waarheen nou?


Ek gaan deel en huur by 'n familielid, net om die draai. Die tydsberekening van waar hy nou iemand soek, is so gepas. Dis minder ontwrigtend vir die kinders en baie beter vir die sak - veral in hierdie tye. Met die nuwe interest rate wat wild opgaan, moet ek seker verlig wees dat my dinge nie uitgewerk het nie.


Ons nuwe tuiste is voorlopig my jaarplan. Daarna sal ons maar sien. Ek hou nie meer van te ver vooruit dink nie, want die toekoms is so onvoorspelbaar. Ek vat maar die challenges soos dit kom. Daar het ek en Jody soveel planne gehad, onsself desmoertoe gewerk en in 'n oogwink, is ons hele toekomsmat onder ons uitgeruk. En toe was daar net niks. Soos in NIKS. Net memories van die drome wat ons gedroom het wat nooit sou waar word nie.


Ek onthou hoe staan ek voor die hospitaal na die dokter vir my gesê het dat daar niks was wat hulle kon doen nie, en dat hy oorlede is ... Die 'leegheid' van die toekoms en wat dit moes wees was die vreemdste gevoel. My brein kon dit nie proseseer nie. My hart was stukkend - die oomblik net te veel.


Die karre het rondgery soos gewoonlik. Die voëltjies het aanhou vlieg. Die wêreld het aangegaan. Alles vir my, het stilgestaan en die toekoms was blank. Ek het opgekyk na die hemel en besef hoe ongelooflik klein ek is.


Daardie beseffing dat ek nie in beheer is nie, en no amount of bargaining hierdie gaan kan fix nie, het my so geruk, dat ek nooit ooit weer dieselfde mens sal kan wees nie. 'n Baie groot stuk van my het daardie dag, op 5 Maart 2022, saam met Jody doodgegaan.'n Nuwe Madré is daar, in daardie oomblik, voor die hospitaal, in die parking lot, gebore.


So, mense vra my hoe kry ek dit reg om te 'cope'?


Wel, eerstens, wat is 'cope' nou eintlik? Dinge is nie maklik vir my nie. Daar is ongelooflik baie challenges waarmee ek daagliks sukkel, idees en gedagtes waarmee ek worstel. Dalk as jy 'n dag saam met my spandeer dink jy dis 'n shit show. Ek dink ons almal se definisie is anders.


Ek staan op in die oggende. Dis nie maanskyn en rose nie, maar ek bly redelik by my roetine en ek kom my grootste verantwoordelikhede na sover soos wat ek kan. My kinders lewe nog en ek voel nie ek mishandel hulle (te veel) nie. Hulle eet genoeg. Nooit betyds volgens hulle nie, maar daar is altyd kos, eventually. Ek is nie op pille nie. Ek drink dalk (highly likely) klein bietjie te veel wyn op die oomblik. Maar ek het nog nie 'n flask in my handsak vir skelm sopies in werksure nie, en ek drink ook nie uit my slaapkamerkas in die aande nie.


So as jy dink ek 'cope' nogsteeds en belangstel, hier is my raad wat ek regtig voel my deur die afgelope jaar sover gedra het:


Om te adapt en flexible te wees, en om te roll met die punches. Dit maak die lewe soveel makliker. Nie noodwendig lekkerder nie, maar ek probeer nie meer vasklou aan my idee van 'hoe goed moes/moet wees nie'. Ek wing die lewe, ek go with the flow, let it be. Jy kry die idee. Want ons het nou maar net nie beheer oor enige iets nie, net ons eie gedagtes. Ons moet net vertrou dat ons is waar ons moet wees en ons beste probeer en gee. God het ons in sy hande en hy sal jou NOOIT in die steek laat nie. Dit bly darem maar 'n baie comforting thought.


En moenie worry nie, Altus, ons het getrek.




594 views2 comments

Recent Posts

See All
bottom of page