Ons almal weet ons gaan most likely ons ouers outlive. Dis hoe die natuur werk. Ons almal weet as iemand wat ons ken siek is, en heel waarskynlik nie dit gaan maak nie, dan kan ons onsself mentally prepare vir die inevitable. Dan hoekom, wanneer daardie dag kom, word die mat onder jou uitgeruk en jy weet nie of jy kom of gaan nie, en al die regrets en overthinking creep tog in ... Moes ek? Het ek genoeg gedoen, gesê, moes ek dalk eerder daardie situasie jare terug anders hanteer het?
Is dit die 'hoop' dat als okay gaan wees wat ons kelder, of is dit net die absolute finaliteit? Want hoe de hel gaan ek nooit ooit weer saam met my pa sit en gesels oor al die kakkies van die lewe nie? Dis amper asof mens se brein net nie die feit kan aanvaar nie. It mos can't be? Hoe is daai voicenote dan nou die laaste een? Daai grappie wat aangestuur is dan nou die laaste een? Daai gesprek oor laasjaar November se lotto-kaartjie* wat ek uiteindelik ingegee het wat hy by my aangebring het, dan nou die laaste een? Daai foto van ons saam dan nou die laaste een?
(*Hy het gefluister ek kan die geld hou. Ons het R90 gewen. Ek het gesê dankie Dis, want ek het dit reeds spandeer, haha, en hy het nog geglimlag).
Eintlik wil ek net ophou huil vir 'n slag, maar lyk my nie dis my storie nie.
En afterall gaan dit nie oor my nie.
Mens het wel weer vrae oor die lewe. Vrae wat ek nou sou ge-like het om te bespreek om die stoeptafel met my pa. Pa het altyd geluister. Hoekom doen ons hierdie ding nou weer? Is this really worth it? Is dit dan nou dit? Hoekom doen ons dit soos ons dit doen? Wat van ons verdwyn net en gaan bly in daai karavaan in die Karoo wat ons altyd so dreig ons gaan doen? Wat van die 'fok dit' road trip langs die Weskus af?
My pa was anders. Hy het ons grootgemaak dat ons hom "Dis" noem. Sy volle name was eintlik Theodorus Hermanus de Koker. Die "Dis"-noemery was baie vreemd vir meeste mense en ek was telkemale aangevat oor dat ons nie respek vir ons pa het nie. Maar dis hoe ons geleer was. Ek het wel "Dis" so gebruik om "jy" en "jou" ook te vervang. Bv: "Dis, sal Dis nie vir my asb die sout aangee nie?".
My en my pa se verhouding was 'n rollercoaster ride, to say the least. Dit was great op tye en dan ander tye was dit baie kak. Hy was kompleks. Ek seker ook. Hy was ook baie fun en vol grappies en stories. Hy was partykeer die grootste d*&s, en dan ander kere was hy jou beste vriend. Van buite af het hy altyd gelyk soos 'n charmer en 'n super nice dude. Van agter geslote deure was dit nie altyd so nie. Baie kere, maar nie altyd nie. Bygesê, dink ek het ek herinneringe wat baie ander kinders nooit sal hê nie:
Ek onthou hoe hy poetse gebak het. Hy het in Pearly Beach 'n speelgoed slang in Tiaan (my beste maatjie) se bed gesit. Tiaan was baie bang vir slange en spinnekoppe. En Pearly Beach het defnitief nie 'n te kort gehad nie. Sy reaksie was iets waaroor ons nog jare saam kon lag.
Hy het ook my Barbie-pop aan 'n vislyn vasgemaak en dit op 'n manier ge-"rig" sodat die "feëtjie" in ons tuin op en af gevlieg het oorkant die swembad. Arme Tiaan was in awe vir die rare verskynsel wat hy so gelukkig was om te aanskou uit die agterkamer se venster. My pa moes net onthou het om die bewyse te gaan verwyder het, want die volgende oggend was daar vislyn orals, en Tiaan het geweet van beter ...
My pa het my laat glo ek gaan eendag 'n ninja wees met die regte opleiding wat hy aan my gaan verskaf. Hy het immers 'n swartbeld in karate as kind gehad (weet nou nog nie of dit waar is nie) en sy army training agtergrond sal genoeg wees om my op te lei as 'n next level ninja spy.
Sy army stories kan ons oor boeke skryf. Nog nie eens gepraat van al die spookstories wat ons gedeel het nie ... Asook ons eie persoonlike ondervinding by 'n gastehuis by die Gariepdam jarre terug. Sjoe, ek dink dis 'n blog post op sy eie. Ons wonder nou nog wat daar gebeur het ...
Ons het krieket gespeel in die agterjaart en teiken geskiet. Ons het skelm alikrik en perlemoen van die rotse afgehaal by Pearly Beach. Daardie tyd was dit vollop. Ons het op die strand gery met sy groen Beetle en later die Isuzu double cab bakkie wat my studente-ryding geword het.
My kinderdae was gevul met avonture, of dit nou by die see, op vakansie, of net in die agterplaas was.
My pa het my tomboyness embrace en ek kon wees net wie ek is.
Die huis wat ons altyd gehuur het vakansies by Pearly Beach het in die mark gekom. Dit was hartverskeurend. Ons sou nooit weer in "Sharks' Den" kon bly nie. Ek het 'n 5-bladsye lang opstel geskryf hoekom ons die huis moet koop, en my pa het. Ek het gevoel dit was a.g.v my, maar vandag weet ek dat hy in elkgeval sou.
En toe kom die tienerstadium ...
Ek kon nie eens 'n gewone vriend afsien buite die huis op die sypaadjie nie.
My arme boyfriend in matriek, Philip, moes in die garage slaap op 'n matras op die vloer, net om die prentjie in te kleur ... My pa het alle seuns met 'n valkoog dopgehou en partykeer was dit nogals vernederend wanneer hy goeters kwyt raak met hulle. Maar dit het gewerk ... Ek het heel skaflik uitgedraai, sou ek sê?
Daar was wel een kêrel wat my pa aanvaar het toe ek twintig was - Jody, my oorlede man. Selfs na ek met Jody opgebreek het, het my pa ander idees gehad. Ek was op 'n date met 'n oulike nuwe outjie en toe ek by my huis aankom om hom voor te stel aan my ouers, was my pa en Jody lekker besig om te braai. Heel nonchalant. My pa het letterlik my eks oorgenooi vir 'n braai saam met hom. Hy het natuurlik iets geweet wat ek toe nog nie geweet het nie ...
My pa se kop was nommers-gedrewe. Hy kon tot op die einde nog nommerplate memoriseer en opsê asof dit sy "party trick" is. Hy was 'n bitter slim man. En hy was trots op dit. Die feit dat mens se kop nog by is, en mens se liggaam net nie meer samewerking wil gee nie, is nie iets wat ek vir my grootste vyand toewens nie.
My pa het 2 susters aan die dood afgstaan ... die een was 19 en die ander een 24 jaar oud. Beide sy ouers ook. Hy was al een oor. Hy het nie veel oor dit gepraat nie, maar as hy het, kon ek sien hoe 'n groot invloed dit op sy lewe gehad het. Mens is nie suppose om albei mens se siblings so vroeg te verloor nie. Dit moes n groot impak op sy lewe gehad het.
Daar was tye wat ons gelag het tot ons huil. Daar was tye wat ek voel ek kan Dis nou enige oomblik vermoor. Hy het presies geweet hoe om mens se knoppies te druk. Partykeer wou ek ontplof van die trots en ander kere was ek diep teleurgesteld oor keuses en goed wat gesê is. Ek dink dit gaan seker both ways.
Ek mis reeds ons geselsies en redenasies oor die lewe.
Ek mis Dis se oproepe, al was dit altyd ontydig wanneer ek in die middel van 'n deadline en op die klok is. Ek is speit ek het nie altyd alles ge-drop en dadelik geantwoord nie.
Ek mis hoe Dis saam met my elke aand wyn gedrink het op ons huis se stoep na Jody se dood, Dis se support in daardie super kak tyd.
Ek is impressed met hoe maklik Dis vir Stephan aanvaar en laat welkom voel het.
Ek is jammer dat ek die goed nooit vir Dis kon sê nie.
Ek het nooit gedink dat as Dis nie meer hier gaan wees nie dat daar so 'n groot leemte in my hart en wese gaan wees nie. Dis 'n groot chunk van my, vir altyd weg.
But I know how this loss thing goes.
Jou pa mag dalk sterk wees, maar my pa was something else én sterk.
My pa was Alles behalwe Vanilla. En ek sal hom actually wéér kies as my pa as ek kon. Ek is wie ek is, a.g.v Dis. Ek dink nie ek sou andersins dit gemaak het tot hier nie.
Ek is lief vir jou, Dis. Ons gaan weer 'n wyntjie saam drink en in die verte in staar van die stoep af. Ek sal vir jou my fênsie Nataniël-glas gee. Al drink Dis warm witwyn daaruit.
Sussa xx
💛