top of page

Die simpel dinge wat mense sê

So uiteindelik, die post van al die simpel en inappropriate goed wat mense gesê het na Jody se dood. Ek het so bietjie gesels met ander mense wat ook geliefdes aan die dood afgestaan het en hulle stories is min of meer dieselfde.


Ek het ‘n cool video gemaak (wat ek op daardie tyd gedink het cool is) en nadat ek ALLES opgeneem het, kom ek agter daar is ‘n ongelooflike irriterende screeching noise in die agtergrond so ek kan verseker vir julle nie daai 40 minute laat endure nie.


Dis wat gebeur as mens, mens se foon wat afneem OP mens se laptop neersit om die angle te probeer regkry. Hashtag amateur. Ek is amptelik ‘n tannie sonder ring lights en fancy phone gadgets. Sal ook nog dalk eendag daar kom.


Ek hou wel die laaste gedeelte van daardie video vir die volgende post sodat dit net 18 minute is wat julle dit hoef te trotseer!


Ek sit en geniet ‘n rooiwyntjie en skryf dié, want dis ‘n lekker reënerige dag, perfek vir skryf en wyn. Ek het ook ‘n rol toiletpapier byderhand vir die moontlike tranedal wat altyd baie onverwags op mens opkruip.


Eerstens, hierdie is absoluut subjektief. Dis nie gebaseer op enige navorsing nie, net hoe ek gevoel het na Jody se dood. Ek is trots om te sê dat ek gegroei het as ‘n mens en my reaksies en gevoelens mag vir van die goed nou heeltemal anders wees, maar ek gaan skryf uit die pen van Madré wat sopas, ‘n week gelede, haar beste vriend en man verloor het. Mens dink van ‘n baie selfsugtige, donker plek af. Die aakligste ding het sopas met jou gebeur en jou grootste vrees het waar geword, jy kan nie eintlik daarvoor help om sinies te wees nie.


Dis so ‘n aaklige en awkward situasie as mens se vriend of vriendin haar of sy persoon verloor het. Mens wil help. Mens wil die persoon laat beter voel. Mens weet nie altyd wat om te sê nie. En dan sê mens snaakse goed partykeer, wat op die ou end eintlik meer skade maak. Ek dink nie dat enige iemand slegte intensies gehad het nie. (Behalwe vir comment nommer 9). Ek skryf die post sodat jy weet wat om NIE te sê in so geval. Of net om te weet jy is nie al een vir wie sulke nonsens gesê word nie. My volgende post sal wel gaan oor wat jy wel kan doen en sê.


Hier gaa’t hy …



Nommer 1:

Ek weet nie of ek op daardie stadium kon dankbaar wees vir enige iets nie. Jy het die grootste skok van jou lewe weg en dan wil mense reeds vir jou uitwys waarvoor jy kan en moet dankbaar wees. Mens neem dit regtig nie in nie.


Nommer 2:

So onskuldig en eintlik pragtig. Of so dink mens.


Ek het nog actually nie daaraan gedink op daardie oomblik nie. Ek probeer eintlik nog net sense maak dat ek nou moet aangaan met die lewe sonder die persoon waarop ek my hele toekoms gebaseer het. Hier staan ek, wonder hoe om te bly asemhaal, en jy sê basies vir my dat ek elke dag vir die res van my lewe herinner gaan word dat my man dood is, want ek gaan hom sien in my kinders. Dit klink dalk soos ‘n troos, maar op daardie oomblik is dit ‘n dreadful gedagte, want mens wil eintlik maar net vergeet wat gebeur het of maak asof dit nooit gebeur het nie. Ek wil nie elke dag remind word dat hy dood is nie. Ek wil eintlik net vergeet. Park daardie enetjie vir later.


Nommer 3:

Wow Susan*. Hoe weet jy, in die eerste plek, en in tweedens, was jy al daar? Nee, hy sou eerder by my en sy kinders wou gewees het. Hiérdie is die beter plek.


Nommer 4:

I do not even have a comment here. Volgende …


Nommer 5:

Okay, maar niemand is suppose om dood te gaan op 35 nie. Hoe kan mense so ‘n tragic event van so ‘n goeie mens wat oorlede is net justify? Flip daai rede en alle redes sommer dan. Nee, shit gebeur en mens is op die verkeerde tyd op die verkeerde plek en ons is mortal beings. Ons is deel van ‘n samelewing en dis ‘n natuurlike ding wat gebeur. Mens wil glo die Here is in beheer van hierdie tipe goed, maar soos genoem op my kollega se begrafnis 2 maande voor Jody se dood deur haar pastoor - die Here maak nie mense dood nie. Hy pleeg nie moord nie. Dis dan teen sy gebooie en Hy is die laaste wie Sy eie reels sal verbreek. Dis ‘n sameloping van events, en ja, daar kan iets goed kom van iemand se dood. Hy kan die goeie dinge wat na die tyd gebeur bewerkstellig en mooi dinge laat gebeur. Dalk kyk iemand weer opnuut in ‘n ander manier na haar man. Dalk kry mense hulle testament en polisse in orde sodat indien iemand iets oorkom, die orige geliefdes na gekyk is. Dalk besef mens net weer opnuut watter voorreg dit is om te lewe en dat mens nie die goed wat vir mens belangrik is verder moet uitstel nie.


Nommer 6:

Was dit sy tyd? Is dit ooit iemand se tyd? Is dit ‘n 5 jarige se tyd of ‘n baba wat nou net gebore is se tyd? Hoe kan jy sê dit was sy tyd? En wie is jy om daardie stelling te kan maak? Die een druk nogals my knoppie. Hy was suppose om saam met my eendag oud en gerimpeld op ons standhuis se stoep te sit. Hy was suppose om volgende jaar saam met my vir Reuven op sy eerste dag in Graad 1 skool toe te vat. Hy moes daar gewees het toe De Wet hoërskool en koshuis toe is. Hy moes hulle sien trou en hy moes sy kleinkinders vasgehou het. Jody sou die beste oupa ooit gemaak het. Dit was nie sy tyd nie.


Nommer 7:

Met ‘n groot skok besef jy, jy is ‘single’. Dit het nog nie eens in jou brein gerealiseer dat jy eintlik nie meer getroud is nie. En ja, ek het toe iemand ontmoet op die perfekte tyd, (wat toe ook ‘n probleem is vir sekere mense), maar ek sou nie in my wildste drome kon indink dat ek ooit iemand anders sou toelaat in my lewe nie. En die gedagte het my meer hartseer gemaak as wat dit ‘n vooruitsig is.


Nommer 8:

Ek het nou deernis. Ek kan nou ‘n stukkie van iemand se loss verstaan, maar ek sal nooit weet hoe iemand voel nie, want daar is geen storie van loss wat vergelyk kan word nie. Daar is soveel goed wat ‘n rol speel … die manier hoe jy grootgeword het, waardeur jy al is in die lewe, was jy gelukkig getroud, hoe lank was jy getroud, is daar kinders betrokke, het julle selfs van mekaar gehou? Was jou man 65 of 35, was hy siek of nie? Het hy jou naweke rondgeklap of het hy jou ook op sy hande gedra? Kon jy voorberei of was dit skielik? Het julle heeltyd gestry of het julle gebly in vrede en liefde? Niks is dieselfde nie. Jy weet nie hoe ek voel nie en ek weet nie hoe jy voel nie. Wat jy voel op daardie oomblik is so extreme en erg, daar is net geen manier hoe iemand anders kan indink hoe jy voel nie. En hulle kan most likely nie.


Nommer 9:

Jy vra nie vir die iemand dieselfde dag wat daardie persoon se person dood is wat up for grabs is nie! Jy vra nie of jy sy selfoon gaan gebruik, of jy die kar gaan verkoop, of jy die huis gaan hou nie. Moenie daar staan soos ‘n vulture en kyk wat jy kan score nie.


Nommer 10:

Dit het absoluut f@%^l met jou te doen nie. Don’t even ask! As jy regtig nuuskierig is, sal jy elkgeval ‘n lewenstyl verandering sien. As jy eintlik omgee en finansieël wil help, sal jy ‘n meer taktvolle manier kry om hierdie persoonlike vraag te vra, of hy sal net help sonder om te vra.


*Disclaimer: Susan is 'n fiktiewe naam. Belowe. Geen regte Susanne is ge-harm tydens die skryf van hierdie blog post nie.


 

My “Wat jy kan doen vir iemand wat ‘n geliefde verloor het” video (weereens uit my perspektief en wat ek ervaar het) gaan volgende live sodra ek die guts kry om dit te post, so kyk uit vir hom!


Watter 'slim' sê-goed het mense met jou kwyt geraak? Comment asb jou 'gunsteling'?


271 views7 comments

Recent Posts

See All
bottom of page