top of page

Uitgevang! Ek op 'n dating app ...

Vir die van julle wat nie weet nie, Koer is 'n Afrikaanse dating app. Baie oulik ontwerp en mooi deurdink (dink ek). Maar ek kan ook nie regtig terugvoering gee nie, want dis die eerste en enigste dating app waarop ek al ooit was. In my dae voor ek getroud is, was Facebook skaars op die lug, so gelukkig hoef ek nooit hierdie wêreld te betree het nie.


Ek was vinnig op Koer, purely out of curiousity en as 'n tool vir distraction toe ek 'vlugtig' enkellopend was, maar moes maar eintlik eerder 'koes vir my lewe'.


Jy browse deur profiele en jy kan 'koer' of 'koes'. Daar is fotos, die persoon se belangstellings sowel as 'n geskryfde bio. Jy kliek 'koer' as jy hou van wat jy sien, en 'koes' as dit nou nie eintlik jou cup of tea is nie. Jy het ook die geleentheid om per boodskap uit te reik na iemand of hulle na jou.


Uit ontelbare boodskappe wat begin net met "hallo" het ek gewonder of mansmense nie besef dat hulle met iets meer impressive vorendag moet kom om mens se aandag te trek uit die 100de 'hallo's' wat mens deur moet werk nie. Wat ook opvallend was is dat almal ewe skielik boere op een of ander plaas in die middel van nêrens is.


Of hulle soek sommer dadelik jou nommer of spring weg met inappropriate vra na die 5de getikte sin. En om 'n duifie te hê wat mens wakker koer in die middel van die nag (jaaaa, die app het so cute notification sound) is ook nie great nie. Want al klink dit cute het niemand 'cute' intensies wat na 24h00 geselsies wil aanknoop nie.


In kort, die koerwoud was toe meer van 'n hoerwoud, en my kuiertjie dáár was van korte duur.


Maar ek glo dat daar ordenklike mense kan wees. Ék was tog daar. En daar ís tog suksesstories en pragtige liefdesverhale wat moontlik gemaak is, deur Koer.


So as ek my(pre-Koer)self, of jou wat dalk op Koer wil gaan, raad kan gee: Ek sou 'n paar 'requirements' in my bio al duidelik gemaak het, baie voorbarig en upfront. Indien die persoon nie voldoen nie, kan hulle sommer dadelik koes. Quality over quantity. Die aantal "koere" was oorweldigend en het my later angstig en sommer goedkoop op die ou end laat voel. Ek het nie eens later gekyk meer wie my gekontak het nie en toe maar die app delete.


En dames, na ek 'n vriend se foon (met toestemming) geneem en deur die vrouens se Koer bio's ge-scroll het, was ek verstom oor die aantal party en bikini fotos met tiete wat amper uithang. Maar die bio's lees "opsoek na ware liefde". My liewe mens, as jy troumateriaal soek is dit vir seker nie wat jy gaan kry, só nie.


Net 'n disclaimer: Ek is wel nie beskikbaar nie en ek gaan nie verder op dating apps rondhang nie, máár die skryf van 'n nuwe bio was regtig goed vir my siel. Ek het myself en wie ek nou regtig is, weer herondek. Ek stel almal voor om 'n 'dating app' bio oor hulself te skryf, al publiseer jy dit nêrens nie. Dit kan maar lank wees, daar is nie 'n karakter maksimum nie, so you can go wild!


Ek is ook baie lus om 'n blog post te skryf oor tips vir vroumense en mans wat actually ordenklike mense wil ontmoet en nie net belangstel in 'n hoernes nie. Want die foutjies wat die mans en vroumense maak is nogals ooglopend. Dating in mens se 30's en 40's is nie vir sissies nie. Die wolwe in skaapsklere loop orals rond.


Is jy dalk 'n 'victim' van online dating? Of het jy jou persoon juis ontmoet a.g.v. dit? Asb laat weet my jou storie!



Maar eers, hier is my nuwe, fiktiewe bio:


Ek is Madré, 'n weduwee al op 36 met 2 seuns. My huwelik was great vir 13 jaar tot dit van my weggeneem is. Die lewe het my 'n crappy kaart ge-deal, maar ek dink ek handle dit goed sonder drugs en wreckless partying soos meeste mense sou doen. But I get why they do that, so no judgement there.


Ek sal jou vasvra oor my bio, so lees tot die einde.


Ek is bietjie anders. Love tattoos, maar het geen. Is 'n baie artistic persoon, maar hou van orde en structure. Ek hou van impulsiewe adventures solank daar geen slegte nagevolge is nie. Ek lewe by 'you only live once' maar hou ingedagte dat ek kids het.


Ek love braai en gesels oor die dinge van die lewe terwyl ons na die vlamme staar. Ek maak gourmet braaibroodjies en dis ON POINT.


Ek hou van lewe in die oomblik en dankbaar te wees vir al die mooiheid waarmee ons omring word elke dag.


Ek is opsoek na iemand wat konstant is. Ek is nie lus vir 'n mallemeule nie. Standvastigheid en iemand wat weet wat hy uit die lewe wil hê en reeds daardie paadjie begin "pave" het, is vir my.


Ek is nie materialisties nie. Geld maak nie saak nie. Want as iets in 'n oogwink weggevat kan word ... is dit ooit joune?

Beteken ook nie broke ass mf is aanvaarbaar nie, want ek kort iemand hardwerkend en ambitious ... soos ek.


My wynglas moet altyd vol wees sonder dat ek agterkom dit was amper leeg. Ek hou van verras word met 'n bubble bath met kerse. Ek verkies plante in potte bo blomme, want dit bly aan lewe.


Ek hou oor die algemeen nie van geskenke nie. Woorde en aksies beteken soveel meer.


As jy droom van eendag bly in 'n karavaan in die middel van die Karoo, dan moet ons dalk gesels. Minimalisme en sustainable living is intriguing. Die see bring rustigheid en vrede vir my.


Hopelik hiermee illumineer ek meeste wat sou koer sodat net die bestes oorbly ;)


Over and out!

240 views0 comments

Recent Posts

See All
bottom of page