top of page

The dreaded Facebook relationship status update: Widowed.*

Weduwee / Widow - wat 'n horrible woord. Dit val nie eens lekker op die tong nie. Wewenaar selfs erger.


Nou nie juis iets wat ek ooit gedink het my titel sal wees nie... En as dit in die verlede opgekom het in my gedagtes, het ek dit dadelik uitgeskuif, want dit was net te erg om aan te dink, selfs vir 3 sekondes. En wie wil nou so iets onnodiglik 'attract'. Yet, here I am. Ongewillig en onverwags. But it is what it is.


Hoekom is ons mooi, goeie mens van ons weggeruk? Daar is soveel slegte mense wat gebruik en misbruik en net vernietig ... Maar my liefdevolle, gerespekteerde, omgee-man word weggevat. Die een wat my op sy hande gedra het, wat ALLES vir sy gesin gedoen het en ook alles gegee het vir sy vriende en selfs 'n verskil gemaak het in vreemdelinge se lewens. Tot vandag toe kontak mense my en vertel my hoe Jody 'n impak gemaak het. Selfs al het hulle hom nie lank geken nie.


Die hoekoms en die waaroms kan 'n mens mal maak.

HY het dit nie verdien nie. Dit was die begin van sy lewe. Die lewe waarvoor hy so hard gewerk het.


Daar is nie regtig antwoorde nie. Maar dit maak nie saak hoe mens voel, dit probeer vermy of van watter perspektief mens na die storie kyk nie. Ek IS 'n weduwee. A widow. En my kinders sonder hul pa. En dis my/ons storie. Dis buite my beheer. Ons is wél nog hier. Wat ek met my storie verder gaan maak, is in my hande. En dààroor, het ek actually beheer.


*Post geleen van my persoonlike Facebook-bladsy, 14 Oktober 2022.


153 views0 comments

Recent Posts

See All
bottom of page