top of page

Ons laaste, beste braai

'n Bietjie meer as 'n jaar terug was ons besig om die huis wat ons 2 jaar vantevore gekoop het, verder reg te ruk. Uiteindelik het ons gevoel dat ons finansieël in staat is om 'n verskil te kan maak, om uiteindelik ons droom te bewaarheid. En ons was só trots ... maar salig onbewus van wat wag.


 

Ons het besluit om 'n vuur aan te steek, soos ons baie alleen gedoen het. Ons het gou iets makliks vir die kinders in die oond gedruk, en uitgesien na ons tydjie van staar na die vlamme, praat oor die verlede, moeilike tye met filosofiese redenasies te regverdig, en met opgewondenheid, planne verder beraam, want, en dit was 'n bàie belangrike want: Die toekoms lyk goed. Now (at last) is our time.


Ons het glasies geklink. Hy met sy goeie whisky op ys, ek met my wyntjie. Die kommunikasie was telepaties. Ons is op 'n goeie plek. In ons verhouding en huwelik, finansieël, emosioneel én verstandelik. Die struggle is verby. Ons kon uiteindelik wys hoe dit lyk om uit niks op te staan en iets te maak. Die eerste maand waar 'ends sou meet'. En die beste van als was, ons het mekaar gehad. Best friends en verlief na 15 jaar ... nevermind wat als na ons kant gegooi is. DIT, vriende, is die lewe. Dàài gevoel. Die absolute waardering vir 'n oomblik wat net grootter as jy is.


Sy woorde aan my was hoe goed hy voel oor homself, sy gesondheid, sy werk en finansies en hoe alles nou vir ons in plek val. Hy het 17 kg verloor. Ek was vies want ek kon net 1 kg verloor in daardie tyd. Ek het gegrap en gesê dat binnekort stap hy soos 'n hunk rond met 'n vettie aan sy sy... mense gaan wonder wat hy saam met my soek!


Die harde werk en opofferinge het uiteindelik na 'n punt toe beweeg. Al wou mens baie keer moed opgee. Die teleurstellings en afgunstigheid van mense wie jy dink sou/moes eintlik omgee ... Ons het altyd geweet die tafels sou draai. Eventually. En hier was dit nou! Die toekoms was rooskleurig.


Daardie toekoms was wel net 2 dae lank.















198 views0 comments

Recent Posts

See All
bottom of page