top of page
ABV_Website-Cover_centered.jpg
Alles behalwe Vanilla_final.png
My filterlose storie oor liefde, verlies, ma-wees en oorbegin.

HALLO DAAR!

Ek is Madré, en ek begin my blog 'Alles behalwe Vanilla' in 2023, alhoewel dié idee al vir jare in my kop broei en groei! Die vorm wat dit nou aangeneem het is nie presies wat ek oorspronklik ingedagte gehad het nie, bygesê. Maar dié is my storie, en daar is niks wat ek kan doen aan wat gebeur het nie.

 

Na die verlies van my man en pa van ons 2 seuns, op 'n baie jong ouderdom, het ek gehunker na enige kyk- of leesstof - net sodat ek nie so alleen hoef te voel nie. Ek het gesoek na inspirasie en hoop in my taal en kultuur ... maar ek kon nie veel vind wat ek gevoel het op toepassing van my is nie.

 

Die saadjie is net daar in my gedagtes geplant - een om my storie te vertel, en al laat dit 'n enkele iemand vir 30 sekondes beter voel, is dit die moeite werd.

Welkom by my storie. Hier gaan ek my gedagtes en ondervindige neerpen, mooimaak, regmaak, huil, skep, wyn drink, plekke besoek, en net my journey deel met wie ookal kyk of luister. Al is dit meer vir myself en my eie reis na heelwording.

 

Madre Web Pic.png
Anchor 1

Weet eerste!

Baie dankie!

Instagram

Volg my op instagram

bottom of page