top of page

"Ook nie lank gehuil oor Jody nie"

En hierdie was die eerste comment na ek 'n plasing op Facebook gesit het van hoe opgewonde ek is dat Stephan terug in Suid-Afrika gaan wees oor 10 dae, in November laasjaar. Ek het geweet die risiko wat ek loop om enige iets te post, so ek was gereed vir moontlike kommentaar. Ek dink die meeste mense wat in elk geval 'n probleem met my wat 'aanbeweeg' het, (en let asb op die aanhalingstekens), het eerder net niks gesê nie. Baie dankie daarvoor ook.


Dit was die heel eerste post wat ek van Stephan op sit, buiten toe ons ons Facebook relationship status op 27 Oktober 2022 verander het. Dit was moeilik om dit vir so lank stil te hou selfs toe, aangesien ek tot my ore toe verlief was. En nogsteeds is. Ek wil net oorborrel en almal vertel van hierdie fantastiese persoon wat ek ontmoet het. Is dit nie die beste gevoel in die wêreld nie?


So die ongelooflike seer van die grootste loss van my lewe en die absolute opgewondenheid oor Stephan was 2 teenoorgestelde emosies wat langs mekaar afgespeel het in 2022 ... En dit doen nogsteeds elke dag.


Maar terug by die Facebook post:


My reaksie toe ek die baie uitgesproke comment lees, het my verbaas. In die verlede sou dit my ietwat boos gelaat het, maar vir een of ander rede het ek 'n onbekende rustigheid oor my gehad. Buiten dit, het ek geweet IEMAND sal hierdie oom op sy plek sit. Social media kan wild raak.


Maar hoe oerwoud-wild dié sou raak het ek nie gesien kom nie. Dié wêreld was meer geskok as wat ek was, en they just went at it in die comments section. Dit was brutal. My terugvoering aan die persoon was maar net dat ons almal se storie is anders, ek huil nog elke dag oor Jody, maar dat ek hoop hy ook eendag weer geluk sal vind aangesien hy ook 'n partner aan die dood afgestaan het.


Want om eerlik te wees ... die gedagte dat Jody nie meer hier is nie, is heeltemal overwhelming. Dis so overwhelming dat as ek te lank daaraan dink dit voel ek nie kan asem kry nie. Die idee gaan my verstand te bowe en ek dink nie dat ek ooit heeltemal tot die verhaal sal kom dat hy nie meer fisies hier is nie. Wanneer my gedagtes te lank daar gaan lê dwing ek myself om aan iets anders te dink of ek raak besig met iets om my aandag af te lei. Partykeer sit ek in daardie gat langer as ander tye, en ek laat myself ook toe om dit te doen. Dis okay om sommer maar net partykeer te huil en so bietjie jammer te voel vir mensself. Maar as 'n gewese depressielyer, is ek bewus van die chemikalieë wat in my brein afgeskei word en as ek te veel in 'n depressiewe toestand gaan rond dwaal in my gedagtes, gaan dit later al hoe moeiliker wees om my daar uit te kry. So het ek my brain ge-train, en ook in hierdie (aaklige) geval, werk dit sover vir my.


Party mense sal sê dat ek deal nie met my loss nie. Ek sê nie hulle is verkeerd nie, en ek sê ook nie hulle is reg nie. Hulle sê ek is te besig en dit gaan my later 'slaan'. Wat moet ek dan maak, gaan huil vir 'n maand of 5 lank en dink aan die situasie 24/7 tot ek beter oor dit voel?


Ongelukkig het ek nie die 'luxury' van so 'n 'mope sabbatical' nie, want die brood moet nogsteeds op die tafel, en die kinders moet versorg word. En boonop dink ek nie dit gaan beter wees as ek dit wel doen nie. Dit gaan maar dieselfde wees: Kak.


Ek doen wat ek moet doen op hierdie stadium om kop bo water te hou. Is elke persoon se manier van dinge hanteer en prosesse nie dalk anders nie? Daar kan tog nie een cookie cutter set reëls wees wat op almal toepaslik is nie? Daar is soveel goed wat 'n rol speel: Die verhouding tussen jou en die oorlede persoon, persoonlikheid, gesondheid, geestelike gesondheid, gebeurtenisse in die verlede, jou kinderdae, verantwoordelikhede, daaglike uitdagings, omgewing, 'n of geen support system ... en so gaan die lys aan.


Ek het gisteraand weer gehuil. Vanoggend is ek weer okay. Ek verstaan nou dat dit nie iets is wat ooit weg sal gaan nie, dit het deel van my lewe geword.


Jody is wel nog so 'present' vir my. Ek onthou hom so goed. Dit voel asof hy enige oomblik by die deur sal kan in stap en die lewe net weer sal aangaan soos 2 jaar terug. Ek hoor sy sê-goed, ek weet wat sy responses op gebeurtenisse sou wees. Partykeer is dit snaaks en ek kan nie help om te glimlag nie.


Om te dink ek sou ooit weer iemand ontmoet en oor die persoon voel soos wat ek oor Jody voel, is nie iets wat ek kon indink nie. En ek was reg. Ek sou nooit iemand soos hy weer ontmoet nie en ek sou nooit weer dieselfde voel nie;


Dis anders.


Dis nie noodwendig slegter of beter nie.

Dis net hééltemal anders. Dis nie iets wat ek kan vergelyk nie. En ek hoef ook nie.

Ek het besef: Hier is nie 'n KEUSE wat gemaak moet word nie.


Ek ervaar dat van Jody se vriende en familie nie baie beïndruk is met my nie. Ek is jammer dat julle so voel. Ek verstaan ook dat dit kom uit 'n plek van lojaliteit.


Om iemand weer te hê, vat nie weg van wat ek en Jody gehad het nie. Inteendeel, dit is net 'n bewys dat a.g.v Jody, ek in ware liefde glo en weet dit bestaan. So automaties gaan mens dit weer wil hê en sal ek dit herken, wanneer ek dit weer sien en ervaar.


Maar dat dit presies op die regte tyd gebeur het, is ek 100% seker van. Dalk te vroeg volgens norm, tradisie en meeste ander mense se opinies, maar vir ons maak dit heeltemal sin en was dit nét betyds. En dis op die ou end die belangrikste.


God se tyd, is altyd die regte tyd.
















Dankie vir die fotos Leandri Geldenhuys Portraits



 
 
 

Comentários


© 2023 MK Creative

bottom of page