top of page

Loadshedding en die crazy lewe - my redding.

Jip. You heard me right.

Ek is dankbaar vir loadshedding.


En ek is ook dankbaar vir alles anders wat meer beplanning en aandag verg. Single-ma wees, try kophou met alles op my eie, en net om die potte aan die kook te hou.


Dis rof en dis moeilik. Dis stresvol. Mens jaag deur elke dag en hoop mens kry alles van die lysie afge-tick. En as mens nie doen nie het dit 'n nasty ripple effect.


Ek hoor baie: Jôh, Madre, hoe doen jy dit?

Ek flippen wéét nie. Ek het meer oor hierdie tipe ding ge-moan toe Jody hier was, glo dit of nie. Hy was slim. 'n Briljante beplanner. Ek wou nog noem dat ons iets vergeet het en dan was sy response "Klaar gedoen, my lief". Natuurlik gevolg met "Ek is tog nie so 'n k@k man nie, né?". Want, ai tog, ons mans kort mos daai ou sterretjie op die voorkop. Ek het nooit bedoel dat hy inadequate moet voel nie.


Maar Jody, eerlikwaar, jy het alle sterretjies deserve. Jy het 'n f#$%n ster op die hall of fame deserve. Jy was next level.


Nou probeer ek net alles aanmekaar hou en ek het geen idee hoe ek dit sover gemaak het nie. Maar die kinders is nog lewendig, so ek doen seker iets reg en dit tel seker vir something.


Die gejaag en "cope", soos mense dit noem, met alles is die beste distraction van die simpel feit - ek gaan jou nooit weer sien nie, Jody. Die gedagte is overwhelming en laat my snak na my asem. Ek weet nie of ek wil huil, voluit hardloop na nêrens, of net goeters wil begin breek nie. Die idee dat ek net niks kan doen om dit te verander nie laat my hulpeloos voel. Ek is net nie in beheer nie. Geen oplossing, bargaining, of great idee, gaan hierdie fix nie.


Ek onthou toe ek uit die hospitaal stap toe die dokter vir my die nuus gebreek het dat daar niks was wat hulle vir jou kon doen nie en dat hulle alles probeer het ...

I stood there thinking; okay, okay. Dis kak, maar kom ons dink gou ... Raak rustig en dink. Hoe fix ons hierdie? Hoe gaan ons dit beter maak? Dis net so in my inge-drill.


En ewe skielik tref dit my; hierdie is ... wat dit is. In my lewe kon ek nog altyd inspring in enige dilemma en dit fix, of at least die beste maak van n crappy saak. Maar hiérdie hiér, is nou net die kakste kak en dis nou maar net presies wat dit is.


Ek het opgekyk in die lug, en net so klein gevoel. Die karre het verby gery, die wêreld het aangegaan. My lewe het tot stilstand gekom. Maar tog was ons so klein in die 'bigger scheme of things' - so insignificant.


En ever since was alles 'n mal rollercoaster. Ek het gedínk ek was op 'n crazy ride in 'n theme park. Min wetend dat die main attraction wag net om die draai.


Ek is nou nog reluctant om te sê "dinge is rof". I don't want want to poke the dragon. Ek wil nie die noodlot uitdaag nie.


Maar dit gààn mal. Mooi gestel.


Ek het nie te veel kans of tyd om te lank aan hierdie gedagte te dink nie. Dinge moet gebeur en goed moet gedoen word. At least voor die volgende loadshedding anders is ek heeltemal in my moer met my koshuiskind se klere of die tiepe kos wat ons moes eet wat nie op die gas kon gemaak word nie. Dis nie asof ék vrieskaste vol bulk Makro/Pick'nPay Hyper specials kan aanhou nie. Of huishulpe wat bedags goed prep nie. Nevermind wat tans in "Die Real Housewives van die Wynlande" aangaan nie. LMIMM.


Boonop moet ek seker maak alles is ge-charge want more sukkel ek alleen in die donker om betyds klaar te maak vir werk en skool.


Maar besig is goed. Dis wanneer die lewe moontlik rustig of maklik word wanneer ek/jy juis gaan struggle met ons realiteit.




81 views1 comment

Recent Posts

See All
bottom of page