top of page

Kweek ons 'n generasie van swakkelinge en narsiste?

'n Post titel wat seker 'n paar mammas hewig sal ontstel. Maar ek vra die vraag, want wat ás ons besig is om dit te doen en wie dra die nagevolge? Ons, hulle, albei? Of is dit net 'n nuwe era?


Destyds 'het ons min issues gehad'. Die odd tiener (soos ek inkluisend) was op anti-depressante en in laerskool was die stout kind in die klas op Ritalin. Dáái was ook die kind wat nie gereeld gebad het nie. En boonop ons toebroodjies voor pouse gesteel het.


Dit laat my terugdink aan Sub B (ja, ek is so oud, dis graad 2 vir julle youngsters), toe die juffrou my inroep en vra dat ek asb tog net nie vir Pietie* "Klein Pietie" noem nie. Dis eintlik wat almal hom genoem het, maar nou ja. Klein Pietie was bitter klein. Ek neem aan hy het een of ander mediese rede gehad daarvoor, maar ek dink nie ons het dit so gesien nie. Ons het Klein Pietie embrace en nie regtig agtergekom hy is kleiner later nie. Die ander Pietie in die standerd was net regtig baie lank so Klein Pietie was outomaties 'Klein Pietie'.


My punt: Pietie was klein. Om te sê hy is nie, maak hom nie, NIE meer klein nie. Om my nie meer "Liewe Heksie" te genoem het, het my neus nie korter gemaak, of om my nie "Dracula" te noem nie, het my oogtande ook nie meer in hul plek laat sak nie. Kids can be cruel. Maar grootmense later, o dôner, hulle is die worst.


Om te maak "asof iets nie is nie" maak dit nie realiteit nie. Daardie, dáái, was die preperations vir die real world. Al was dit aaklig op die tyd. Dis nie veel beter 'out here in grown-up world' nie.


Maar deesdae het almal iets wat fout is met hulle. En almal kan enige iets ook wees. En mens moet net so versigtig wees om nie iets te sê wat diskriminerend is nie.


Is dit trendy om issues en mental illnesses te hê? En dis baie uncool om mense te seclude of in boksies te plaas.


Aan die anderkant, dalk het ons almal iets wat fout is, ons ouers het net nie die kennis gehad om vir ons die nodige hulp te kry nie. Ons moes maar net "man up". Of "woman up" - watookal beter vir jou werk.


So moes ons maar cope en aangaan, anders bly jy maar net agter in die lewe. Dit het ons wel die tools gegee om te deal met die low blows wat die lewe later aan ons sou uitdeel.


Maar nou, voel ek, is daar 'n valid verskoning vir alles. Kids hoef basies nie meer enige iets te doen as dit nie inpas by hulle afwykings nie. So niks wat norm en normaalweg sosiaal aanvaarbaar is, maak meer saak as jy 'n tekortkoming het nie. Van hulle sommer self-gediagnoseer deur die ouer.


Die wêreld word om jóú en jou gevoelens gebou. Almal op hete kole, want ooo wee, moet tog net nie iets sê wat iemand exclude of offend nie.


My vraag is nou net, en dis net 'n vraag, so please enlighten, don't kruisig me:


Die wild bly die wild. As jou bokkie se been af is, sy oog uit is, hy nou eerder grond wil vreet as blare ... die leeu bly die leeu, en die afbeenbokkie gaan nogsteeds eerste ge-target, en heel moontlik eerste gevang en dan gevreet word.


Of is ons van plan om ons "bokkies" altyd in captivity (of selfs in die sirkus soos dit lately hiér by my gaan) aan te hou aangesien hulle nooit gaan kan cope met die harsh realities van die lewe nie?


Want ja, vir nou kan almal opsy staan vir die diagnoses wat gemaak word, maar daar buite is dit tog survival of the fittest?


As daar nou 'n oorlog uitbreek, het ons, ons kinders, die 'snowflake generation' equip om dit te kan hanteer? Plant ons, ons eie insecurities in ons kinders? Probeer ons opmaak vir waar ons ouers gefouteer het, maar dan doen ons eintlik meer damage?


Dis net 'n vraag. Of tien. Asb share jou opinie en educate me! Entertain mense deesdae die kinders se issues en gevoelens net te veel of voel jy dis belangrik om minder die "man up" houding te hê? Of is dit dalk 'n balans? Hoe handhaaf mens so 'n balans?


Asking for a friend.


*Skuilnaam

217 views2 comments

Recent Posts

See All
bottom of page