top of page

Ek is nie so 'sterk' vandag nie

Het jy al daardie overwhelming gevoel gehad dat jy eintlik nie weet wat om met al jou emosies te doen nie?


Wel, ek is nou hier. Sit en huil in die kantoor voor my skerm. Het sommer die tissues nader getrek want die flippen trane stop nie vanself nie en ek sukkel om dit onder beheer te kry. Ek ugly cry darem (nog) nie, maar ek het 'n online meeting nou-nou so ek beter myself gou regruk.


Ek weet nie of ek goed wil stukkend gooi of net hier in die middel van die kantoor op die mat in 'n fetusposisie wil opkrul en net daar lê vir die dag nie. Die hele office block sal my sien maar dis ook okay. Of wil ek dalk gaan sit op 'n wynplaas en wyn drink en blog posts skryf of wil ek sommer myself adverteer op 'n dating app as distraction of wil ek gaan dans vanaand? Los dans. Ek wil nie saam met iemand dans nie.


Om nie eens te weet wat mens wil of nie wil doen nie, is 'n weird space. Al wat ek wel weet is dat ek nie hiér wil wees, of hierdie wil voel nie.


Dalk moet ek uiteindelik daardie berader of sielkundige inspan wat almal al die laaste jaar voorstel, maar nee, Madré dink mos sy kan dit self handle.


Eintlik wil ek net gou vir 'n uur in 'n space van 'nothing' gaan sit, waar mens niks kan voel of dink nie. Net gou die reset knoppie druk. En nee, dis nie 'n uitnodiging of skimp vir drug dealers om my te begin DM nie. Ek kort my breinselle om hierdie huishouding en besigheid aan die gang te hou.


Ek dink aan al die goed wat die laaste jaar gebeur het, en dit voel net asof dit nie op hou nie. Ek dink aan hoe moeilik die Google photo memories van Jody is en hoe ek nou met nóg 'n loss moet gaan deal wat in my gesig gegooi gaan word, buiten al die ander goed wat aangaan. Ek dink aan hoe almal sê ek is 'n sterk vrou, hulle weet nie hoe ek dit doen nie, en ek begin wonder hoe lank ek dit nog sal kán doen ... Wanneer is genoeg, genoeg?


En toe lui my foon. Dis my pa. Ek vertel hom ek voel nie so great nie. Ek voel eintlik maar hiper kak. Hy vertel my 'n storie en vra dat ek dit asb aan die kleinkinders moet oorvertel:


Daar was 'n man en hy het 'n donkie gehad. Die donkie was al ouerig, maar die man was baie lief vir die ou donkie. Hulle kom al 'n lang pad saam.


Eendag, toe val die donkie in 'n diep donker put. Die man besef, die donkie is heel moontlik beseer met 'n gebreekte been en om hom uit die put te probeer kry en dan uit te laat sit, of selfs net gesond te maak gaan nie die moeite werd wees nie.


Hy besluit dit sal beter wees om die donkie maar net daar te begrawe. Dis die beste vir die donkie, asook vir hom. Die manne dra die kruiwaens vol sand aan en begin dit in die put gooi. Aan die begin kerm en kla die donkie iets verskrikliks, maar na 'n paar hope sand begin dit stil raak totdat mens niks meer kon hoor nie.


Toe die laaste hope sand aangery word met die put amper vol, sien hulle die donkie is toe nooit begrawe nie. Hulle kyk soos die hoop sand wat gegooi word op die donkie se rug val, hy dit afgeskud, en op die hoop sand klim. So het hy tree vir tree, met elke gooi en afskud, homself uit die put gekry en op die ou end, uitgeklim.


Moral of the story: Shake it off. (Ek gaan NOU daardie Taylor Swift song aan sit!).


Daardie 'hope sand' wat mense en die lewe na jou toe gooi: Shake it off, and use it as a stepping stone. Learning curve. Stappie vir stappie. Jy sal eventually bo uitkom.


Dankie pa.




197 views0 comments

Recent Posts

See All
bottom of page