My 9-5
Hiérdie is wat die brood op die tafel sit. Ek het my BA graad in ontwerp en het sedert 2007 in verskillende industrieë en bemarkingsdepartemente gewerk. Ek is veral trots op my posisie as studio manager by Cape Union Mart groep, sowel as my meer onlangse werk as hoofuitlegkunstenaar by LiG Tydskrif. Maar nou, saam met my fantastiese studio- en kreatiewe koordineerder, Desireé, versit ons berge vir ons kliente en los hulle met ontwerpwerk of 'brand identities' wat die koppe laat draai. Ons werk vanaf ons studio by die Old Tannery in Wellington.
​
Sien ons werk hieronder en moenie huiwer om uit te reik nie - ons help graag met enige grafiese ontwerp projekte, van logos tot uitlegwerk. Sien meer deur om op die knoppie hieronder te klik:
​
​